Lambertsbaai - My geboorte plek

Friday 17 June 2016

My agtergrond



My naam is Mariana Coetzee en is oorspronklik van die platteland. Gebore op n kusdorpie in die Weskus. Soos gewoonlik moet ons as studente Kaapstad toe verhuis aangesien daar nie universiteite is om verder te studeer nie. Ek het 2001 Kaapstad toe verhuis my graad gedoen in Toerisme. Soos gewoonlik kry baie van ons studente wat klaar gestudeer het, nie n pos in hul beroep nie. 

So my eerste pos was n verkoops assistant; myself opgewerk dat ek later die beroep gekry het as n verkoopsbestuurder. Met die jare wat ek gewerk het, het ek ook kort kursusse gedoen want glo daaraan dat mens nooit te oud is om verder te studeer nie. 

Na nege sertifikaarte agter my naam het ek besluit om onderwys te studeer, want het met die jare n liefde vir kinders ontwikkel en wil my kennis en ervaring in toerisme met hulle deel. Was baie opgewonde maar agterna twee sinnig nadat ek n brief gekry het dat ek dit slegs voltyds kan doen. Voltyds meen ek moet my beroep, ens.  moet opgee vir die kursus. 

Ek het geregistreer by die universiteit, nuwe mense ontmoet, baie geleer tot nou toe en my prakties so geniet dat ek nie meer kan wag dat die ses maande verby kan gaan sodat ek n kwalifiseerde onderwyser kan wees. Dis my begeerte my kursus te voltooi, maar ook die Man van Bo se besluit hoe my toekoms moet wees.
So wil net my lesers aan moedig om voort te gaan met n doelwit as dit op die einde van die dag n voordeel vir jou en na aanstaandes sal wees. God se krag is Groot, Almagtig en geen mens kan dit ruineer nie en met Geloof is alles moontlik. 

As jy terug dink hoe jou leefstyl was vyf of tien jaar terug en besef wat jy alles bekom het, het jy iets bereik want alles gaan nie net op bates nie maar hoe jy as persoon gegroei het. Laat dit goed gaan lesers en welkom om jul stories te deel

No comments:

Post a Comment